Piet Els-moordsaak: Verhoor duur voort

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die verhoor in die Piet Els-moordsaak gaan vandag in die hooggeregshof in Kimberley voort. Net vier van die sewe beskuldigdes verskyn vandag in die hof.

Johan Immelman, ’n dokter wat al van 2005 in Kimberley praktiseer, is vanoggend as eerste getuie opgeroep. Hy getuig oor die beserings wat Rikkie Alsemgeest (62) tydens die aanval opgedoen het sowel as die behandeling wat hy aan haar in Mediclinic Gariep verskaf het.

Alsemgeest is al vanaf 2010 Immelman se pasiënt.

Die hof het vir ’n half uur verdaag voordat die tweede getuie, Izak Jantjies opgeroep sal word. Volg FiND iT vir meer oor die hofsaak.

LEES OOK: Dominee se man glo weer vermis