October 18, 2021

Sprankelende juffrou onder vier jong mense wat in ongeluk sterf

Shamo Zeelie was ‘n onderwyseres by Hoërskool Despatch.

Sprankelende juffrou onder vier mense wat in ongeluk sterf

Sprankelende juffrou onder vier mense wat in ongeluk sterf Foto: Facebook

GQEBERHA – ‘n Juffrou, Shano Zeelie (28), was een van die vier slagoffers van ‘n ongeluk net na middernag Sondagoggend op die N2 tussen Seaview en die Baywest-afdraai. Twee motorvoertuie was in ‘n botsing van voor betrokke.

Zeelie was ‘n onderwyseres by Hoërskool Despatch.

“Dit is met groot skok en diepe hartseer dat ons vanoggend verneem het dat Shano Zeelie (28), ‘n leerkrag van Hoërskool Despatch, gisteraand in ‘n motorongeluk oorlede is,” het die skool gister op hulle Facebook-blad geplaas.

Hulle beskryf haar as ‘n sonnige, sprankelende jongmeisie wat elke dag voluit geleef het. Hulle sê verder sy was altyd ‘n bok vir sports en het ltyd met oorgawe aan die ‘temadae’ wat die leerderraad van tyd tot tyd aanbied, deelgeneem.

“Ons innige simpatie met haar familie en vriende. Mag julle in hierdie moeilike tyd God se liefde, genade, nabyheid en vertroosting ervaar. Ons hou julle in ons gebede.”

FiND iT het vanoggend berig die bestuurder van die Ford Fiesta, Shano Zeelie (28), die bestuurder van die VW Polo, Raeeza Ahmed (19) en haar twee passasiers, Moegamat Noor Fredericks (23) en Raeez Thompson (14), is op die toneel dood verklaar. Die derde passasier is hospitaal toe geneem vir behandeling.

Skool se inskrywing na juffrou in ongeluk sterf:

LEES OOK: Vier jongmense sterf in ongeluk net na middernag

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *