December 3, 2021

KYK: Noue ontkoming vir motoris toe vragmotor vrag in pad verloor

“Die bestuurder van die lorrie het aangehardloop gekom en ek het hom gevra of hy okay is.”

KYK: Noue ontkoming vir motoris toe vragmotor vrag in pad verloor

KYK: Noue ontkoming vir motoris toe vragmotor vrag in pad verloor

NOORD-KAAP. – “Die son het net uitgekom. Die stofwolk was duidelik sigbaar oor die pad. Ek het eers nie geweet wat aangaan nie. As ek enigsins vinniger gery het, sou die vragmotor my van die pad af gedruk het of erger.”

Bertus Mostert vertel van sy rit gisteroggend tussen Hopetown en Strydenburg toe ’n vragmotor sy hele vrag oor die N12 verloor het.

“Donderdagoggend om 00:30 was ek onderweg van PE na Pretoria via Kimberley. Presies om 05:55 het ‘n vragmotor voor my, wat ek van plan was om verby te gaan, uit die linkerbaan beweeg oor na die regterkant van die pad. Ek het dadelik spoed verminder en dit is toe ek net een groot stofwolk sien.”

Soos enige ander motoris het Bertus sy selfoon uitgehaal om die voorval op kamera vas te vang. (Onderaan artikel)

Bestuuder van vragmotor “lyk moeg”

“Na die stof oor die pad getrek het, het ek gesien die vragmotor het sy hele vrag, soos die bestuurder die vragmotor teruggepluk het na die linkerbaan, verloor. Ek het stadig nadergery en al die blikkies vis wat in die pad lê, gesien. Ek moes op die grond links verbygaan. Die bestuurder van die lorrie het aangehardloop gekom en ek het hom gevra of hy okay is.”

Volgens Bertus het die bestuurder van die vragmotor aan hom gesê dat hy aan die slaap geraak het. “Ek kon aan sy oë sien hy was baie moeg.”

“Ek’t in die pad gestaan en verkeer gehelp reguleer vir n paar minute en moes toe ry, want ek het nog ‘n ver afstand gehad om te ry met afsprake in Pretoria wat wag.”

Bertus sê verder hy het in kontak getree met die Britstown-polisie en hulle het gesê hulle sal nooddienste na die toneel stuur.

LEES OOK: Glencoe-boer stééds agter tralies, nog klagtes bygelas

LEES OOK: ‘Jesus was langs my bed’ – Hanna vertel van geboorte toe sy amper sterf

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *