October 18, 2021

Meisie (15) op pad na winkel in verlate huis verkrag

Die oortreder se naam sal in die register vir seksuele oortreders aangeteken word.

Meisie (15) op pad na winkel in verlate huis verkrag

Meisie (15) op pad na winkel in verlate huis verkrag Foto: SANRAL

POSTMASBURG. – Dino Jacobs (19) is in die Postmasburg-streekhof skuldig bevind nadat hy sy een slagoffer, ‘n 15-jarige meisie, in ‘n verlate huis verkrag het.

“Op Woensdag 6 Maart 2019 was ‘n meisie omstreeks 17:55 op pad na Shoprite van Postdene toe sy deur die beskuldigde voorgekeer is. Hy het haar met ‘n mes gedreig en geld geëis. Hy het haar na ‘n verlate huis gedwing waar hy haar verkrag het,” sê kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder.

Meisie verkrag

Drie dae later het Jacobs ‘n 26-jarige vrou in ‘n veld naby die Hoërskool Postmasburg gekonfronteer. Hy het haar ook met ‘n mes gedreig en geëis dat sy moet uittrek. Die slagoffer het Jacobs gesmeek om haar nie te verkrag nie. Hy het haar selfoon geneem en van die toneel gevlug. Die slagoffer het die polisie gekontak en die beskuldigde is op 11 Maart 2019 in hegtenis geneem.

Jacobs is tot 20 jaar gevangenisstraf vir verkragting en ses jaar vir poging tot verkragting gevonnis. Sy naam sal ook in die register vir seksuele oortreders aangeteken word.

Die provinsiale hoof vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings (GKS) in die Noord-Kaap, brig. Nicky Mills, prys sers. Lionel Rooiland en kont. Tshepiso Bele van die Postmasburg GKS vir die uitstekende ondersoek van die sake.

LEES OOK: Pa onthoof dogter (3), sit res van liggaam in boom

LEES OOK: Familie op hulle knieë na Isabella (1) aan stukkie neut verstik

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *