September 27, 2021

Polisie op soek na vermiste man

Pogings om Powana by vriende of familie op te spoor, was tevergeefs.

Polisie op soek na vermiste man (Foto: The South African Police Service, Facebook)

Polisie op soek na vermiste man (Foto: The South African Police Service, Facebook)

LEBOWAKGOMO. – Die polisie in Lebowakgomo vra die gemeenskap se hulp om die vermiste Oupa Makou Powana op te spoor na hy Vrydagaand vermis geraak het.

Volgens lt.-kol. Mamphaswa Seabi, polisiewoordvoerder, is die 44-jarige Powana oorspronklik van Ga-Sekororo Village net buite Tzaneen en is hy ‘n konstruksiewerker.

Powana het Vrydagaand om 20:00 vermis geraak.

“Oupa het glo sy werkgewer ingelig dat hy vir die naweek huis toe gaan,” sê Seabi. “Vroeër vanoggend het sy vrou ‘n oproep gekry van iemand wat navraag wou doen oor sy Toyota Hilux-bakkie, want hulle kon hom nie in die hande kry nie.”

Sy vrou is volgens Seabi ook ingelig dat sy voertuig se sein laas in Mpumalanga op pad na Gauteng opgemerk is en toe skielik afgesit is.

Pogings om Powana by vriende of familie op te spoor, was tevergeefs.

Indien jy enige inligting het oor waar Powana hom bevind, skakel 8lt.-kol Nyamanyawo Thomas Baloyi by 082 565 8234.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *