September 27, 2021

Niemand in hegtenis ná silwer Polo Vivo voorgekeer is nie

“Die polisie het roetine-kontrole gedoen en alle voertuie wat ná die aandklokreël nog in die middestad was, deursoek,” sê kapt. Jansen, polisiewoordvoerder.

Niemand in hegtenis ná silwer Polo Vivo voorgekeer is nie (Foto: News24)

Niemand in hegtenis ná silwer Polo Vivo voorgekeer is nie (Foto: News24)

Die polisie het niemand in hegtenis geneem ná ‘n verdagte silwer Polo Vivo Vrydagaand voor Black Diamond-nagklub in Kimberley deur MK8 Security voorgetrek is nie.

FiND iT het vroeër berig ‘n silwer Polo Vivo is Vrydagaand voorgekeer.

Kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder in Kimberley, sê die polisie was besig met misdaadvoorkoming en om seker te maak vlak drie van inperking se regulasies word gehoorsaam.

“Die polisie het roetine-kontrole gedoen en alle voertuie wat ná die aandklokreël nog in die middestad was, deursoek,” sê Jansen.

“Niemand is in hegtenis geneem en geen voertuig is in beslag geneem in verband met die roofsaak wat ondersoek word nie.”

Lees ook: Vierde uitgawe van Bloemfontein Online Co.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *