September 28, 2021

DBV konfiskeer nege honde bestem vir hondegevegte

Van die honde het diep wonde gehad, wat daarop dui dat hulle vir hondegevegte gebruik is.

DBV konfiskeer honde bestem vir beweerde hondgevegte

DBV konfiskeer honde bestem vir beweerde hondgevegte (Foto: Cape of Good Hope DBV)

MITCHELLS PLAIN. – Die Cape of Good Hope DBV en die Wetstoepassingseenheid vir Dierekontrole het na ‘n anonieme boodskap ‘n hofbevel gekry om nege honde te konfiskeer. Die honde is gered vanuit die kloue van vermeende hondegevegtekoppelaars en agterjaart-telers.

Volgens ‘n verklaring deur die Cape of Good Hope DBV het hulle ‘n anonieme boodskap gekry, met ‘n video as bewys, wat hul ingelig het oor wrede hondegevegte wat plaasvind.

Jaco Pieterse, hoofinspekteur, en inspekteur Mark Syce was op die toneel om die honde te verwyder.

DBV konfiskeer honde bestem vir beweerde hondgevegte

Die inspekteurs het op die honde afgekom waar hulle aan kort kettings vasgemaak is. Van die honde het diep wonde gehad, wat daarop dui dat hulle vir hondegevegte gebruik is.

Die DBV sê die saak is besig om te ontvou en dat hulle binnekort meer inligting sal vrystel.

Lees ook: Hondvriendelike vlugte – Jy en jou viervoetvriend kan nou saam vlieg

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *