KYK: Ma gooi kind van brandende gebou af tydens onluste

Die ma en die kind is ongedeerd en weer herenig.

'n Ma moes haar kind van 'n brandende gebou afgooi tydens die onruste wat in KwaZulu-Natal en ander dele van Suid-Afrika plaasvind.

'n Ma moes haar kind van 'n brandende gebou afgooi tydens die onruste wat in KwaZulu-Natal en ander dele van Suid-Afrika plaasvind. (Foto: Stuff)

DURBAN. – ‘n Ma van hier moes haar kind van ‘n brandende gebou afgooi om sy lewe te red tydens die onluste wat in KwaZulu-Natal aan die gang is.

Video’s en foto’s wys hoe die ma eers die kind aan die kant van die gebou laat hang voor sy die kind vorentoe gooi. Volgens Stuff is die ma en die kind ongedeerd en weer herenig.

Die gewelddadige protesaksie en plundering het losgebreek nadat oudpresident Jacob Zuma gearresteer is.

Daar is al meer as 72 mense dood en 1 200 gearresteer tydens die gewelddadige protesaksies. Baie van die sterftes het plaasgevind tydens stormlope toe besighede geplunder is en talle elektriese toestelle, kos, klere en drank gebuit is.

Die ma wat haar kind moes gooi van brandende gebou is met hom/haar herenig

Kyk video hier.

Foto: TikTok

Lees ook: Rebel Wilson spog met haar gewigsverlies

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *