‘Laat gesondheidswerkers eerder op Covid-19 fokus,’ sê dept. oor tienling

Independent Media hou vol dat Gosiame Sithole, ’n ma van Gauteng, verlede week in dié hospitaal aan ’n tienling geboorte gegee het.

‘Laat gesondheidswerkers eerder op Covid-19 fokus,’ sê dept. oor tienling (Foto: News24)

‘Laat gesondheidswerkers eerder op Covid-19 fokus,’ sê dept. oor tienling (Foto: News24)

GAUTENG. – Die departement van gesondheid sê hy is ontsteld en baie teleurgesteld na Independent Media se aantygings teen die Steve Biko-hospitaal in Pretoria.

Independent Media hou vol dat Gosiame Sithole, ’n ma van Gauteng, verlede week in dié hospitaal aan ’n tienling geboorte gegee het. Daar kon nog nie vasgestel word by watter hospitaal die babas gebore is nie.

“Ons neem die aantygings teen staatsamptenare en gesondheidswerkers baie ernstig op. Ons voorlopige ondersoek het weer bevestig dat daar geen tienling in die Steve Biko-hospitaal was nie,” het Popo Maja, woordvoerder van die departement van gesondheid, gesê. “Daar is ook geen manier dat Tshwane-distrikshospitaal die tienling kon ontvang nie.”

Daar is volgens Maja bevestig dat daar in geen hospitaal in Gauteng ’n tienling gebore is nie en Maja sê dis onmoontlik dat 8 of 10 babas gebore is sonder dat enigiemand daarvan weet.

Verder het Maja gesê die departement doen ’n beroep op alle Suid-Afrikaners om die gesondheidswerkers toe te laat om eerder op die geveg teen Covid-19 te fokus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *