Ma verkoop glo verstandelik gestremde dogter vir alkohol- en dwelmgeld

Die ma word van seksuele uitbuiting aangekla.

Ma verkoop glo verstandelik gestremde dogter vir alkohol- en dwelmgeld

Ma verkoop glo verstandelik gestremde dogter vir alkohol- en dwelmgeld Foto: aetv.com

KAAPSTAD – ‘n Ma word daarvan beskuldig dat sy haar verstandelik gestremde dogter en nog ‘n tienermeisie verkoop het om dwelms en alkohol te kan koop.

”Die borgtogaansoek van ‘n 42-jarige ma wat daarvan beskuldig word dat sy haar 13-jarige dogter en haar kêrel se 16-jarige susterskind vir seks verkoop het, in ruil vir geld, is deur die landdroshof in Keiskammahoek tot Vrydag uitgestel,” sê Nelisa Ngcakani, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG).

Die voorval het glo vanaf Februarie 2019 tot Maart 2021 plaasgevind.

Die ma word van seksuele uitbuiting aangekla. Haar twee mede-beskuldigdes, van 34 en 36 jaar, word van seksuele uitbuiting en verkragting aangekla.

LEES OOK: Vrou gee geboorte aan 10 babas, breek wêreldrekord

LEES OOK: Rit na roetine-sonar eindig in tragiese ongeluk

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *