Hoe slaap jy?

Gebrek aan slaap speel ‘n belangrike rol in ongelukke waarby vliegtuie, skepe, treine en motors en betrokke is

Hoe slaap jy?

Hoe slaap jy?

Die verlies aan slaap is ‘n algemene probleem in die moderne samelewing, wat baie mense in een of ander stadium van hulle lewens affekteer.

Slaapontneming vind plaas wanneer ‘n individu minder slaap kry as wat nodig is om wakker en waaksaam te voel. Mense verskil in hoe min slaap nodig is voor dit ‘n probleem word. Sommige mense soos ouer volwassenes blyk meer weerstand teen die gevolge van slaapontneming te bied, terwyl ander, veral kinders en jong volwassenes, die kwesbaarste is.

LEES OOK: Krakerige mozzarella-stokkies in net vyf minute

Vinnige feite oor slaapontneming:

  • Slaapverlies verander normale funksionering van aandag en ontwrig die vermoë om te fokus op omgewings-sensoriese insette.
  • Gebrek aan slaap speel ‘n belangrike rol in ongelukke waarby vliegtuie, skepe, treine en motors en betrokke is.
  • Kinders en jong volwassenes is die kwesbaarste vir die negatiewe gevolge van slaapontneming.
  • Slaapontneming kan ‘n simptoom wees van ‘n ongediagnoseerde slaapstoornis of ander mediese probleme.
  • As jy nie genoeg slaap kry nie, begin jy sogenaamde slaapskuld ophoop.

Simptome:

  • Gaap
  • Buierigheid
  • Moegheid
  • Prikkelbaarheid
  • Depressiewe buie
  • Moeilik om nuwe begrippe te leer
  • Vergeetagtigheid
  • Onvermoë om te konsentreer of ‘n fuzzy kop
  • Gebrek aan motivering
  • Lompheid
  • Verhoogde eetlus en koolhidraatbehoeftes
  • Verlaagte seksdrif

Behandeling:

Behandeling word slegs benodig wanneer ‘n persoon fisies nie kan slaap nie, weens fisiese of sielkundige probleme. ‘n Terapeut of slaapspesialis sal leiding en hanteringstegnieke kan bied om ‘n rustige staat en slaap te bereik. Daar is twee maniere van behandeling vir slaapontneming: gedrags- en kognitiewe terapie en medikasie.

LEES OOK: Elizabeth Smart ontvoer, aangehou en verkrag vir nege maande

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *