September 24, 2021

TikTokker kry hartaanval na ‘dry scooping’-uitdaging voor oefensessie

Verskeie video’s is al op TikTok gemaak om mense teen die uitdaging te waarsku.

TikTokker kry hartaanval na dry scooping-uitdaging voor oefensessie doen

TikTokker kry hartaanval na dry scooping-uitdaging voor oefensessie doen

Briatney Portillo (20) het op TikTok vertel sy het ‘n hartaanval gekry nadat sy aan die dry scooping-uitdaging op die app deelgeneem het.

Die nuwe dry scooping-uitdaging het sy oorsprong uit die “kaneel-uitdaging.” Die “kaneel-uitdaging” het al verskeie kere teruggekom sedert dit aanvanklik in die vroeë 2000’s sy kop uitgesteek het. Dit daag deelnemers uit om binne 60 sekondes ‘n lepel gemaalde kaneel te eet sonder vloeistof om dit mee af te sluk. Verskeie video’s is al op TikTok gemaak om mense teen die uitdaging te waarsku. Deur die droë poeier te probeer afsluk, kan jy braak, asemhalingsprobleme ondervind en in uiterste omstandighede kan jou longe platval.

Simptome na dry scooping-uitdaging

Die dry scooping-uitdaging se doel is om die energie-effek van proteïenpoeier voor ‘n oefensessie te bevorder. Dit spoor deelnemers aan om ‘n lepel droë proteïenpoeier te drink voordat hulle na die gimnasium gaan. Daar word beweer dat dit ‘n produktiewer oefensessie sal meebring.

Dit is presies wat Portillo voor haar oefensessie gedoen het. Sy verduidelik nadat sy dit gesluk het, het sy dadelik vreemd begin voel. Sy vertel aan plaaslike media haar lyf het begin jeuk. Terwyl sy geoefen het, het sy ook ‘n drukking op haar bors gevoel. Sy het haar oefensessie voltooi en al die simptome ignoreer.

Terwyl sy daarna gereed gemaak het vir werk, het die simptome skielik vererger. Sy het begin warm kry, haar bors het weer begin pyn en die pyn het ook na haar arms versprei. Sy het die simptome van ‘n hartaanval herken en nooddienste ontbied. By die hospitaal het dokter bevestig die 20-jarige het inderdaad ‘n hartaanval gehad.

LEES OOK: Video – polisielede weier glo hulp aan vrou

LEES OOK: Babaseuntjie lê leweloos na hy tussen ouers aan die slaap raak

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *