Man 200 m onder motor saamgesleep, polisie soek verdagte(s)

Dis toe Nichalen Naidoo hulle glo konfronteer en ‘n bakleiery uitbreek.

Man glo 200 m saam motor gesleep, polisie soek verdagte(s)

Man glo 200 m saam met motor gesleep, polisie soek verdagte(s) Foto: Skremgreep, Facebook-video

DURBAN. – Die polisie ondersoek ‘n saak van moord nadat ‘n man, Nichalen Naidoo (39), van Crossmoor die naweek byna 200 meter na ‘n beweerde rusie onder ‘n voertuig saamgesleep is.

Daar word beweer “partytjiegangers” het met hulle motors in die straat geraas en ook in die slagoffer se oprit met hulle motors gestaan. Dis toe Nichalen Naidoo hulle glo konfronteer en ‘n bakleiery uitbreek.

Medelye stroom in na man saamgesleep is

Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, het in ‘n polisieverklaring gesê Naidoo het aan sy beserings beswyk.

Familie en vriende plaas sedert die naweek foto’s en video’s op Facebook waar hulle skryf hoe hulle hom gaan mis.

Foto: Skermgreep van inskrywing op Facebook.

LEES OOK: Vrou in video wat kind glo wil ontvoer, in hegtenis geneem

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *