Piet Els-moordsaak: man gesoek ná moord op sakeman

Els was vir sowat vier maande ná die aanval in die hospitaal voor hy aan sy beserings beswyk het.

Man gesoek na moord op sakeman Piet Els (Foto's: Facebook, Verskaf)

Man gesoek na moord op sakeman Piet Els (Foto's: Facebook, Verskaf)

KIMBERLEY. – Die Piet Els-moordsaak duur voort en die polisie in Kimberley is op soek na ‘n man wat moontlik kan help met die polisie se ondersoek.

Kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, sê die 52-jarige Bhekwaphe Johannes Ralihlare, wat ook as Amos bekend staan, kan die polisie dalk in die ondersoek help.

Piet Els en Rikkie Alsemgeest (62), altwee bekende sakelui van Kimberley, is die aand van 23 Januarie 2018 op Els se plaas net buite Kimberley aangeval.

Els was vir sowat vier maande ná die aanval in die hospitaal voor hy aan sy beserings beswyk het.

Els en Alsemgeest was saam op die plaas toe die aanvallers toegeslaan het. Alsemgeest en Els is vasgebind en met ‘n strykyster gebrand voor die aanvallers met ‘n Mercedes-Benz, ‘n 33-30 jaggeweer, ‘n pistool, drie armhorlosies, Kruger-rande en ‘n ring gevlug het.

Enigiemand met inligting oor Ralihlare of waar hy hom moontlik bevind, kontak asseblief vir lt.-kol. Doggie Magugu by 082 469 0578 of gebruik die MYSAPS-toep.

“Alle inligting sal vertroulik hanteer word,” sê Gamieldien.

Die ondersoek duur voort.

Lees ook: Polisie soek vrou wat kan help met Piet Els-moordsaak

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *