KYK: Johannesburgse juwelierswinkel beroof

Drie werknemers is ook sigbaar in die video waar hulle eenkant in ‘n hoekie op die grond lê.

KYK: Johannesburgse juwelierswinkel beroof (Foto: Skermgreep uit die video)

KYK: Johannesburgse juwelierswinkel beroof (Foto: Skermgreep uit die video)

JOHANNESBURG. – ‘n Johannesburgse juwelierswinkel in Lenasia is Maandagmiddag deur ‘n onbekende aantal gewapende rowers beroof. Die hele gebeurtenis is op sekuriteitskameras vasgevang.

Rooftog by Johannesburgse juwelierswinkel op sekuriteitskameras opgeneem

Die dramatiese beeldmateriaal is deur Yusuf Abramjee op Twitter en daarna op verskeie ander platforms gedeel.

In die video is dit duidelik hoe ten minste ses gewapende mans by die rooftog betrokke is. Vyf mans spring oor die toonbank, gryp juwele en stop dit in ‘n swart drasak.

Drie werknemers is ook sigbaar in die video waar hulle eenkant in ‘n hoekie op die grond lê.

Die rooftog duur vir ongeveer twee minute voor die werknemers weer opstaan, duidelik geskok ná die voorval.

Lees ook: Koelkop beampte in video geïdentifiseer

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *