Dit is nie altyd hulle nie – soms is dit jy

Dit is belangrik om seker te wees jy is eerlik oor jou gedrag in al jou verhoudings,

Dit is nie altyd hulle nie – soms is dit jy

Dit is nie altyd hulle nie – soms is dit jy Foto: a Concious rethink

Geen mens is net 100% goed of 100% sleg nie. Mense is kompleks en dit beteken dat selfs die beste mens moontlik toksies vir iemand anders kan wees. Toksiese gedrag beteken letterlik gedrag wat vergiftig, wat skadelik vir ander is.

Dikwels kom mense nie eens agter hulle gedrag is skadelik vir ander nie. Wat belangrik is, is om te verstaan watter soort gedrag toksies is, oor jou eie gedrag na te dink en te besef dit is moontlik om toksiese gedrag te verander.

LEES OOK: Vrou al ses dae vermis na sy glo uber neem

Soms is dit nie hulle nie; dis jy

Toksiese gedrag kan in alle verhoudings soos romantiese verhoudings, vriendskappe, gesinsverhoudings en werksverhoudinge tussen kollegas voorkom.

Dit is belangrik om daarop te let dat net omdat jy nie toksies vir jou maat, vriende of familie is nie, beteken dit nie jy is nie moontlik toksies vir jou mede-werkers nie

Dit is belangrik om seker te wees jy is eerlik oor jou gedrag in al jou verhoudings, nie net in jou vriendskappe of romantiese verhoudings nie.

Voorbeelde van toksiese gedrag:

  • Om ander te probeer beheer.
  • Om selfsugtig te wees.
  • Om altyd op die aanval (defensive) te wees.
  • Om ander te probeer manipuleer.
  • Om ander te laat glo hulle is altyd verkeerd.
  • Negatiewe praatjies.
  • Om van ander te skinder.
  • Emosionele en verbale mishandeling.

Erken as jy verkeerd is

Dit kan moeilik wees om te erken as jy die probleem is. Om te besef dat jy die slagoffer gespeel het in plaas daarvan om te ontleed waarom ander nie in jou teenwoordigheid wil wees nie. Selfkennis is een van die grootste tekens van volwassenheid. Dit is moeilik om verskoning te vra, nie verdedigend te raak nie en om te aanvaar dat jy iemand seergemaak het.

LEES OOK: Ma hang glo baba oor stoel om drankie te geniet

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *