‘Boelie’ verskyn weer in hof na boelie-video

Die boelie-slagoffer het die dag van die voorval ná skool haar eie lewe geneem.

'Boelie' verskyn weer in hof na boelie-video (Foto: IOL)

'Boelie' verskyn weer in hof na boelie-video (Foto: IOL)

LIMPOPO. – Die 14-jarige meisie wat daarvan aangekla is dat sy ‘n ander leerling aangerand het, het vandag weer in die kinderhof in Limpopo verskyn.

Die leerling het formeel aansoek om borgtog gedoen, en die ondersoekbeampte het gesê die leerling se veiligheid, sou sy op borgtog vrygelaat word, is ‘n rede tot kommer.

Lees ook: Twee geskors vir dissiplinêre verhoor oor boelie-voorval

Die leerling is in hegtenis geneem ná ‘n video van die vermeende boelie-voorval groot opslae gemaak het. In die video is dit duidelik hoe ‘n ander leerling aanhoudend deur die gesig geklap word.

Die boelie-slagoffer het die dag van die voorval ná skool haar eie lewe geneem.

Die ondersoek duur voort.

Lees ook: Dertig aanvalle in een dag: Mense besef nie die impak nie

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: