Lewendige maaiers in ma se been, familie soek antwoorde

Indien die wond nie bevredigend gesond raak nie, gaan die been geamputeer moet word.

Volgens Naidoo is die familie in kennis gestel dat indie die wond nie reg gesond raak nie, gaan die been geamputeer moet word. Die familie en Nadesan is getraumatiseer.

Volgens Naidoo is die familie in kennis gestel dat indie die wond nie reg gesond raak nie, gaan die been geamputeer moet word. Die familie en Nadesan is getraumatiseer. (Foto: IOL)

DURBAN.- Rani Nadesan is hier in ‘n hospitaal opgeneem, maar het later gesmeek om ontslaan te word weens die vermeende swak behandeling wat sy ontvang het. Toe sy tuiskom, het haar familie gevind daar is lewendige maaiers in haar been. Dokters van ‘n ander hospitaal sê as Nadesan se been nie vinnig beter word nie, is daar ‘n kans dat dit geamputeer moet word.

Volgens IOL is Nadesan omtrent 10 jaar gelede met osteoartritis gediagnoseer. Sy woon tans saam met haar man, dogter, suster en ma wat na haar omsien. Nadesan het deurlopende versorging benodig. Dit het moeilik geraak vir haar om te loop en haar bene swel dikwels.

Het as drie blase begin

Mairy Naidoo sê haar suster het in Februarie drie blase op haar been gekry. Binne ‘n paar dae het die been iinflammasie gekry en gesweer. Nadesan is toe met ‘n ambulans na die Osindisweni-hospitaal waar sy opgeneem is.

As gevolg van Covid-19 kon die familie haar glad nie besoek nie, maar hulle het haar elke dag gebel. Elke keer wat die familie kontak met haar gemaak het, het sy gekla oor pyn.

‘My susterskind het die hospitaal in trane verlaat.’

Op ‘n dag het haar dogter vir haar toiletware geneem en ‘n sekuriteitsbeampte het haar toegelaat om haar ma te sien.

Naidoo sê: “My susterskind het haar ma op ‘n bed wat met ‘n handdoek bedek was, gevind. My suster het gesê dat sy van die bed afgeval het en ‘n aar in haar been gebars het. Sy het die kind gesmeek om haar huis toe te neem.”

“My susterskind het die hospitaal in trane verlaat. Sy het nie geweet wat om te doen nie. Sy het vir ons gesê dat dit lyk asof niemand na haar ma omsien nie.”

Nadesan is verlede Woensdag ontslaan, maar huil steeds van ondraaglike pyn. Naidoo het gesê die hospitaal het pynmedisyne voorgeskryf en gesê sy het sellulitis, ‘n bakteriese veltoestand, in die been. Die gesin is in kennis gestel dat hulle Nadesan na drie dae na ‘n plaaslike kliniek in Verulam moes neem om die wond skoon te maak.

Lewendige maaiers in haar been gevind

Die volgende oggend het Naidoo ‘n maaier op die kussing onder haar suster se been gesien. “Ons het die verband afgehaal om die wond skoon te maak. Daar was die stank van verrottende vleis. Toe sien ons dit … maaiers kruip uit die oop wonde.”

Nadat die familie die hospitaal geskakel het en hulle vertel het van die maaiers, is hulle gesê om haar terug te neem hospitaal toe. Hulle het haar eerder na ‘n algemene praktisyn geneem waar sy behandeling en ‘n verwysing na ‘n ander hospitaal gekry het.

Saterdag is Nadesan in die Mahatma Gandhi Memorial-hospitaal in Phoenix, Durban opgeneem. Volgens Naidoo is die familie in kennis gestel dat indien die wond nie bevredigend gesond raak nie, gaan die been geamputeer moet word. Die familie en Nadesan is getraumatiseer.

Departement het van niks geweet nie

Ntokozo Maphisa, ‘n woordvoerder van die departement van gesondheid, het gesê die departement is bekommerd oor die bewerings. Volgens Maphisa was die departement nie bewus van die saak voordat dit deur The Post uitgelig is nie.

“Die departement is volgens wet verbied om vertroulike inligting oor die kliniese toestand van enige pasiënt en die bestuur daarvan openbaar te maak. Ons kan egter bevestig dat ‘n spesifieke pasiënt aanvanklik opgeneem is en ‘n week daarvolgens behandel en daarna ontslaan is. Die pasiënt is gevra om terug te keer na die hospitaal vir verdere behandeling, indien die behoefte sou ontstaan.”

“Na ‘n verbintenis met ‘n spesifieke gesin gister (Maandag 12 April, toe hy die eerste keer daarvan bewus gemaak is), het die hospitaalhoof vasgestel dat die pasiënt daarna na ‘n ander gesondheidsinstansie geneem is, waar die pasiënt verdere sorg ontvang het.”

“Die hospitaal gaan voort met die insameling van meer feite rakende hierdie aantygings en sal mettertyd ‘n volledige verslag aan die departement verskaf,” aldus Maphisa.

Lees ook: Dogtertjie se ma eis R1.1 miljoen van gesondheidsdepartement

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: