Waterlek, oop gat gevaar vir bestuurders

FiND iT het navraag by Sol Plaatje-munisipaliteit gedoen en wag vir terugvoer.

Waterlek, oop gat gevaar vir bestuurders

Waterlek, oop gat gevaar vir bestuurders Foto: FiND iT

KIMBERLEY. – ’n Waterlek, sowel as ’n oop gat in Mainstraat wat deur die munisipaliteit so gelos is, is ’n gevaar vir motoriste. Veral in die nag met straatligte wat nie in die gebied brand nie.

LEES OOK: Vermeulen se dood glo jagongeluk

Brian Dohethy sê hy, sowel as vele ander inwoners van die gebied, het al die probleem aangemeld.

“Dit is al langer as ses maande wat daar niks aangedoen word nie. Daar stroom duisende en duisende liters water in die pad weg en dit is gevaarlik vir karre wat daar ry. Aankomende verkeer probeer altyd daardie hoek vermy en dit kan ’n ongeluk veroorsaak.”

FiND iT het navraag by Sol Plaatje-munisipaliteit gedoen en wag vir terugvoer.

LEES OOK: Prins Philip oorlede

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *