April 17, 2021

Harry en Meghan stel Netflix-reeks bekend

“Ek kan nie meer opgewonde wees vir die pad vorentoe nie. Ek kan ook nie meer trots wees op die Invictus-gemeenskap wat genesing, potensiaal en diensbaarheid inspireer.”

Harry en Meghan stel Netflix-reeks bekend (Foto: Hello Magazine)

Harry en Meghan stel Netflix-reeks bekend (Foto: Hello Magazine)

Prins Harry en sy vrou, Meghan Markle, se produksiehuis se eerste dokumentêre reeks sal vir Netflix uitgesaai word.

Netflix het dié nuus op Twitter gedeel.

Lees ook: Moordklagtes teen Joost se broer laat vaar

Heart of Invictus volg ‘n groep buitengewone deelnemers van regoor die wêreld wat lewensveranderende beserings of siektes opgedoen het terwyl hulle vir die Invictus-spele voorberei. Dié spele vind in 2022 plaas.

Harry het die Invictus-spele in 2014 gestig.

“Ek kan nie meer opgewonde wees vir die pad vorentoe nie. Ek kan ook nie meer trots wees op die Invictus-gemeenskap wat genesing, potensiaal en diensbaarheid inspireer nie,” sê Harry in ‘n verklaring. – CNN

Lees ook: Kby-sportmeneer bly in aanhouding

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: