Malvalekkertert – Resep

Foto: Facebook
Kors:
1 pakkie Tennis-beskuitjies
90g margarien of botter, gesmelt
Vulsel:
150g pienk en wit malvalekkers, opgesny (los 3 wittes en 3 pienkes oor vir versiering)
12 geglasuurde kersies, in klein stukkies opgesny
5ml vanieljegeursel
250ml room
1 blikkie kondensmelk
100g geblikte pynappelstukkies, gedreineer
125ml suurlemoensap
Metode:
Spuit ‘n tertbak met kleefvrye sproei of smeer met margarien of botter. Maak die Tennis-beskuitjies in ‘n sakkie met ‘n koekroller fyn en voeg gesmelte margarien by. Meng goed deur. Druk die beskuitjiemengsel eweredig onder en langs die kante van die tert bak plat. Gooi die kersiestukkies oor die kors en sprei eweredig uit. Laat vir so 15 minute afkoel in die yskas.
Meng die kondensmelk, suurlemoensap, malvalekkers, stukkies pynappel en vanieljegeursel saam. Klits die room styf en vou in by die kondensmelkmengsel. Gooi die mengsel oor die verkoelde kors en sit in yskas vir vier ure of oornag.
Sodra die tert ferm is, versier met geklopte room en malvalekkers.