April 18, 2021

Kontrakteurs wat optiese veselkabels lê rig miljoene rande se skade in Emfuleni aan

Die VF Plus dring daarop aan dat die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) kontrakteurs wat optiese veselkabels installeer, verplig om die skade wat hulle aanrig aan sypaadjies en

Kontrakteurs wat optiese veselkabels lê rig miljoene rande se skade in Emfuleni aan

Kontrakteurs wat optiese veselkabels lê rig miljoene rande se skade in Emfuleni aan

Die VF Plus dring daarop aan dat die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) kontrakteurs wat optiese veselkabels installeer, verplig om die skade wat hulle aanrig aan sypaadjies en infrastruktuur soos waterpype en kragkabels, op eie koste te herstel.

Dit is volgens Christo Smith, VF Plus-raadslid: Emfuleni-plaaslike munisipaliteit.

“Die VF Plus het verskeie klagtes van huiseienaars ontvang van kontrakteurs wat waterpype en kragkabels beskadig tydens die grawe van slote vir die aanlê van optiese veselkabels. Baie van die kontrakteurs herstel nie die skade nie en veroorsaak dat water deur die plaveisel lek.”

“In ander gevalle versuim die kontrakteurs om die slote behoorlik toe te gooi en plaveisel en gras terug te plaas op die sypaadjies.”

“Die VF Plus is ʼn voorstander van tegnologiese ontwikkeling, maar kontrakteurs kan nie toegelaat word om die reeds sukkelende munisipaliteit onder verdere finansiële druk te plaas nie.”

“Alhoewel die munisipaliteit nie die kontrakteurs kan verbied om die optiese veselkabels te  lê nie, kan die munisipaliteit hulle wel verplig om toe te sien dat die omgewing skoon agtergelaat word en dat alle skade aan infrastruktuur herstel word.”

“Die VF Plus het reeds die munisipaliteit genader en het aanbeveel dat alle veseloptiese diensverskaffers gedwing word om van die dienste van geregistreerde siviele ingenieurs (konsultante) gebruik te maak om toesig te hou oor die ontwerp, implementering en finale inspeksie van die werk.”

“Die party moedig ook inwoners aan om probleme aan te meld by die munisipaliteit om die klagtes te ondersoek en, waar nodig, die diensverskaffer opdrag te gee om die situasie op eie koste reg te stel.”

*Persverklaring

Lees ook: Irresponsible use of antibiotics threatening SA’s livestock industry

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: