April 19, 2021

Hou jou vel gesond met suurlemoene, heuning en appels

Gebruik die helfte van ’n uitgedrukte suurlemoen as ’n bakkie en klits ’n eierwit liggies daarin.

Hou jou vel gesond met suurlemoen, heuning en appel

Hou jou vel gesond met suurlemoen, heuning en appel Foto: beebaltic.com

Om ’n gesonde leefstyl te handhaaf, kan ook goed vir ons vel wees. Dit is belangrik om ook jou vel gesond te hou. Om gesond te eet, voed ons nie net van binne nie, maar hou voordele vir ons vel in. Daar is wel ’n paar ekstra tegnieke wat ons kan doen om ons voorkoms helder en gesond te laat lyk.

Gebruik die volgende uit jou kombuis om jou vel gesond te hou:

Suurlemoen

Gebruik die helfte van ’n uitgedrukte suurlemoen as ’n bakkie en klits ’n eierwit liggies daarin. Voeg ’n paar druppels suurlemoen by en laat dit oornag staan. Smeer die mengsel die volgende oggend aan jou gesig en wag 10 min. voor jy dit afwas. Die suurlemoen se bleikwerking sal ’n moeë vel ophelder.

Heuning

Smeer die heuning oor jou gesig en hou dit vir 15 min. aan voor jy dit afwas. Die heuning laat jou vel sag voel en verminder plooie wat deur droogheid veroorsaak word.

Appel

Rasper ’n appel en sit dit op jou gesig. Lê vir 15 min. daarmee op jou gesig voor jy dit met warm water afwas. Die appel tree as ’n olieverwyderaar op.

LEES OOK: Stiefpa sien dogter (9) as seksslaaf na haar ma sterf

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: