April 19, 2021

Vrou tydens Zoom-oproep met kollega doodgesteek

Met die polisie se aankoms op die toneel was altwee reeds dood.

Vrou tydens Zoom-oproep met kollegas doodgesteek

Vrou tydens Zoom-oproep met kollegas doodgesteek Foto:cnet.com

LOS ANGELES. – ‘n Vrou, Carol Brown, is tydens ‘n Zoom-oproep met ‘n kollega dood toe sy en haar broer in die huis aangeval is.

Die aanvaller het na bewering eerste haar broer aangeval en by die deur uitgesleep. Volgens die polisie is hy glo ‘n paar keer daar in die oprit deur die verdagte gesteek. Daarna het by teruggekeer en haar glo probeer aanval, waarna daar ‘n bakleiery uitgebreek het.

Daar word berig die aanvaller het haar daarna doodgesteek. Die kollega met wie sy die Zoom-oproep gehad het, het alles gesien en dadelik die nooddienste ontbied.

Aanvaller wat vrou glo tydens Zoom-oproep doodsteek, gevang

Met die polisie se aankoms op die toneel was die vrou en haar broer albei reeds dood.

Die aanvaller het met ‘n Lexus SUV na die huis teruggekeer. Die motor behoort glo aan een van die slagoffers. Hy is op die toneel in hegtenis geneem. Volgens die polisie het hy beweer hy bly in die huis.

Die polisie het die verdagte later as as Robert Cotton (32) geïdentifiseer. Hy is in hegtenis geneem en word op twee aanklagte van moord aangekla.

LEES OOK: Hoërskoolseun vermis, soektog duur steeds voort

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: