April 18, 2021

KYK: Man in tradisionele klere glo gevra om winkelsentrum te verlaat

Clicks, die apteekkettingwinkel, wil ‘n formele klag indien nadat die voorval in die sentrum voor Clicks gebeur het.

KYK: Man in tradisionele klere glo gevra om winkelsentrum te verlaat

KYK: Man in tradisionele klere glo gevra om winkelsentrum te verlaat Foto: Skermgreep uit video

JOHANNESBURG. – Die video waarin die sentrumbestuurder van die Boulders-winkelsentrum ‘n man geklee in tradisionele klere verbaal aanval en hom beskuldig dat hy nie ordentlik genoeg in die publiek aangetrek is nie, het hewige kommentaar uitgelok.

Video van man in tradisionele klere wat glo deur die bestuur gevra is om te loop:

Die voorval het voor die Clicks-winkel gebeur.

“Laat ons die lang storie kort maak, ons het die reg op toegang. Ek kondoneer dit nie in my winkelsentrum nie. Dus, loop asseblief,” kan jy in die video hoor.

Clicks, die apteekkettingwinkel, wil ‘n formele klag indien omdat die voorval in die sentrum voor Clicks gebeur het.

In ‘n verklaring op Twitter sê Clicks ook dat sy winkelbestuurder ingetree het en die man toe toegelaat is om voort te gaan om inkopies te doen.

LEES OOK: KYK: Video waarin ‘honde-oppassers’ hond glo mishandel veroorsaak oproer

LEES OOK: TikTok-neiging: ‘Dit kan ernstige pyn en ongemak veroorsaak’ sê veearts

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: