Kuberafknouers teiken Kathu-seun
Die ma het die seuns in haar plasing gewaarsku om haar kind uit te los, anders sal sy hulle name aan die publiek bekend maak.

Kuberafknouers teiken Kathu-seun Foto: Cybersmile
KATHU. – ’n Seun op Kathu word nou hier deur kuberafknouers geteiken en volgens die seun se ma wil die polisie glo nie help nie.
In ’n openbare plasing het die seun se ma op Facebook vertel hoe “gatvol” sy is vir ’n groep kuberboelies. “Ons was verskeie kere by SAPS en volgens hulle het ons nie ’n saak nie.”
Boelies wil hom nie uitlos nie
“Die kinders kan net nie my kind uitlos nie. Is dit omdat hy nie belangstel in julle dronk partytjies nie? Wel, hy het beter dinge om met sy lewe te doen.”
LEES OOK: Ma brand glo pasgebore baba met kookwater, begrawe liggaam
Die ma het ook skermgrepe van kommentaar wat deur die seuns op TikTok gelewer is, by die plasing gelas. “Ek is gatvol vir die seuns wat geen respek het vir ander nie.”
False TikTok-profiele
Die seuns, waarvan sommige glo op die leerlingraad is, het glo vals TikTok-profiele oopgemaak om vir haar seun vieslike kommentaar te los.
Die ma het die seuns in haar plasing gewaarsku om haar kind uit te los, anders sal sy hulle name aan die publiek bekend maak.
LEES OOK: Troubeplanner glo weg met bruide se geld
Hier is die skermgrepe:





