Hoekom bulletproof-koffie of tee goed is vir jou
Baie ontbytopsies met hoë koolhidrate, soos graan, roosterbrood of gebak, bied ’n vinnige energie-boost, maar dit kan bloedsuiker ontwrig en mens weer vinnig na ’n soet dingetjie laat gryp.

Hoekom bulletproof-koffie of tee goed is vir jou
Bulletproof-koffie is ’n hoëkalorie-drankie met ekstra vette wat bedoel is om die begin van jou dag ’n hupstoot te gee. Die drankie het gewild geraak by laekoolhidraat-eters en volgelinge van ketogene eetplanne.
Baie ontbytopsies met hoë koolhidrate, soos graan, roosterbrood of gebak, bied ’n vinnige energie-boost, maar dit kan bloedsuiker ontwrig en mens weer vinnig na ’n soet dingetjie laat gryp. Bulletproof-koffie is ’n laekoolhidraat-alternatief vir ontbyt met baie koolhidrate.
LEES OOK: Grimering voor geboorte?
Hier is ’n paar van die voordele:
- Help met gewigsverlies
- Help jou fokus
- Laat jou versadig voel
- Verminder jou eetlus
- Stabiliseer jou bloedsuiker
Hoe om dit te maak:
Jy kan ’n teelepel ongesoute botter of ’n teelepel klapperolie by jou eerste koppie koffie van die dag voeg.
LEES OOK: Man stuur geboortefoto aan familie, vergeet om vrou se privaatdele te sensor