April 21, 2021

NSFAS glo uit R1,4 miljoen bedrieg, drie verdagtes verskyn in hof

Die derde verdagte wat glo as die hoofverdagte gesien word, kon nie sy borg van R5 000 betaal en bly in aanhouding.

NSFAS glo uit R1,4 miljoen bedrieg, drie verdagtes verskyn in hof

NSFAS glo uit R1,4 miljoen bedrieg, drie verdagtes verskyn in hof Foto: Jakaranda FM

DURBAN. – Nosipho Fortune Sokhela (32), Thabisile Protasia Mdabe (40) en Sandile Reginald Sokhela (39) het vandag in die hof verskyn na hulle glo die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) uit R1,4 miljoen bedrieg het.

Elkeen kry borgtog

Al drie het in die Durban-landdroshof verskyn. Twee van die verdagtes, Sokhela en Mdabe, kon hulle R2 000 borg betaal. Die derde verdagte, wat glo as die hoofverdagte gesien word, kon nie sy borg van R5 000 betaal nie en bly in aanhouding.

LEES OOK: Gay huwelike: ‘God seën nie sonde nie,’ glo Katolieke kerk

Geld van NSFAS in ander rekening betaal

Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, sê daar word beweer ‘n bekende verdagte het tussen Oktober 2015 en 22 Augustus 2016 glo geld na drie verskillende bankrekeninge oorbetaal. Die rekeninge was glo onbekend aan die instansie.

‘n Saak van bedrog is dadelik by die KwaMakhutha-polisie geopen.

LEES OOK: Kleuter sluk battery in, sterf

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: