April 23, 2021

Rivier spoel motor weg, ma verdrink

Brig. Motlafela Mojapelo. Polisiewoordvoerder, sê werkers wag op ’n vragmotor gestaan het, het die toneel sien afspeel en die polisie ontbied.

Rivier spoel motor weg, ma verdrink

Rivier spoel motor weg, ma verdrink

LIMPOPO. – ’n Vrou (37) het Maandag naby die VuVa-nedersetting verdrink toe die rivier haar motor op ’n laagwaterbrug meegesleur het.

Die ma was glo op pad huis toe nadat sy haar kind by ’n openbare vervoerpunt afgelaai het. Die Mudzinga-rivier was aan die afkom toe sy die brug probeer oorsteek het.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê werkers wat op ’n vragmotor gestaan het, het die toneel sien afspeel en die polisie ontbied.

“Die polisie se soek-en-reddingspan is na die toneel ontbied waar hulle die vrou se voertuig teen ’n boom aangetref het. Die vrou se liggaam is ongeveer 3 km van haar motor af gevind.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: