Waarvoor gril jy die meeste in jou huis?

Tot die skoonste huise kan meer kieme en bakterieë bevat as wat jy jouself kan indink.

Kieme

Foto: Pixabay

Tot die skoonste huise kan meer kieme en bakterieë bevat as wat jy jouself kan indink.

All4Women praat oor drie van die vuilste items in ’n huis wat die teelaarde van walglike kieme en bakterieë is.

Jou spaghetti-mop versprei kieme oor jou vloer

Deur hierdie mop te gebruik om jou vloere te was, gaan eintlik meer net oor die voorkoms van ’n skoon vloer, want na die eerste keer dat jy die mop weer in die water druk, versprei jy net die kieme oor jou hele vloer.

Foto: Cleanlink

Beste manier om jou vloer te was:

  • Kry ’n mop waaraan jy nie hoef te raak as jy hom uitdroog nie.
  • Gebruik twee emmers met water wanneer jy vloer was. Een om eers die mop in af te spoel en ’n ander met seep in.
  • Gebruik anti-bakteriese vloerwasmiddels.
  • Tap skoon water in die emmers na elke vertrek se was.

Kombuisvadoek, lappies en skottelgoedwassponsies

Foto: Mashed

’n Kombuis is die plek waar jy jou kos voorberei, dus moet dit natuurlik die skoonste plek in jou huis wees? Studies toon vadoeke, lappies en skottelgoedwassponsies bevat ’n hoë persentasie bakterieë en kieme.

Hoe om seker te maak jou vadoeke, lappe en sponsies is sonder bakterieë en kieme

  • Sit jou klam sponsie vir ’n minuut of so in die mikrogolfoond om kieme en bakterieë dood te maak.
  • Week jou vadoeke, lappe en sponsies in kookwater met ’n bietjie bleikmiddel.
  • Vervang jou vadoeke, lappe en sponsies gereeld.

Jou tandeborsel en tandeborselhouer

Jou tandeborsel is natuurlik besmet met kieme van jou mond en so versprei dit ook na die houer waarin jy dit bêre. Die tandeborsel bring ook kieme en bakterieë van jou badkamer in jou mond in.

Kieme
Foto: CB2

Hoe om te keer dat jou tandeborsel nie nog meer kieme in jou mond inbring nie

  • Leer die gewoonte aan om die toiletdeksel af te slaan as jy tande borsel.
  • Kry ’n doppie wat jy oor jou tandeborsel sit om kieme uit te hou.

Lees ook: ’n Anale depper kan meer doeltreffend wees om Covid-19 op te spoor

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: