Geslag-onthullingspartytjie – Pa sterf toe toestel in sy gesig ontplof

Hierdie is glo nie die eerste keer dat ’n geslag-onthullingspartytjie in ’n fratsongeluk ontaard nie.

Geslag-onthullingspartyjie - Pa sterf toe toestel in sy gesig ontplof

Foto: Canva

NEW YORK. – ’n Geslag-onthullingspartytjie is waar ouers die geslag van hulle ongebore baba bekend maak. Hierdie soort partytjies is gewoonlik vrolik, behalwe in die geval van Christopher Pekny (28), wat gesterf het toe die toestel wat hy vir die geslagsonthulling aan die bou was, ontplof het.

BBC-nuus berig die polisie het nie gespesifiseer watter tipe toestel die ontploffing veroorsaak het nie. Die staatspolisie-afdeling in New York en sy eenheid vir bomverwydering ondersoek tans die voorval.

Ander geslag-onthullingspartytjie

Hierdie is glo nie die eerste keer dat ’n geslag-onthullingspartytjie in ’n fratsongeluk ontaard nie. Twee ander partytjies het veldbrande in Kalifornië in September 2020 en Arizona in April 2017 veroorsaak.

LEES OOK: KYK: “Ek ken my menseregte,” gil vrou wat nie masker wil dra nie

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: