February 25, 2021

Gebruik wat in jou yskas is: Witbone met knoffel en salie – resep

Hierdie knoffelgeurige, gestoofde witbone smaak die beste as dit opgesmeer word met ‘n dik sny bros brood.

Witbone met knoffel en salie. Foto: Ella Olsson

Witbone met knoffel en salie. Foto: Ella Olsson

Daar is soveel maklike en vinnige maaltye wat jy kan maak met bestanddele wat al lank in die spens is.

Vandag kyk ons na ‘n resep vir witbone met knoffel en salie.

Sien ‘n verdere lys van resepte hier.

Witbone met knoffel en salie

Hierdie knoffelgegeurde, gestoofde witbone smaak die beste as dit op ‘n dik sny bros brood gesmeer word.

Bestanddele

Week en kook die boontjies:

sout na smaak

1 l water

450 g gedroogde witbone

1 ui, geskil en gehalveer

‘n paar takkies tiemie

1 knoffelhuisie, fyngedruk

1 lourierblaar

Vir die stowebone:

¼ koppie olyfolie

3 knoffelhuisies, fyngedruk

1 klein bondel salie, opsioneel

3 koppies gekookte witbone, gedreineer

sout en peper na smaak

1 koppie water, hoenderaftreksel of groenteaftreksel, plus meer as nodig

brood vir bediening

gerasperde parmesaankaas vir bediening

Metode

Week en kook die bone: Week die bone vir agt tot 24 uur in water.

Dreineer, spoel af en plaas dit in ‘n kastrol saam met die ui, tiemie, knoffel, lourierblaar.

Bedek met drie sentimeter water. Bring tot kookpunt, verlaag dan die hitte en kook vir ongeveer 45 minute of totdat die boontjies gaar is. Voeg sout na smaak by – sout word eers bygevoeg nadat bone reeds saggekook is, anders sal hulle nie sag raak nie.

Laat bone in die kookvloeistof afkoel. Haal tiemietakkies, lourierblaar en ui uit en gooi weg. Laat lê die bone in die kookvloeistof.

Plaas die olie en fyngedrukte knoffel (en salieblare indien jy dit gebruik) in ‘n soppot op medium hitte. Laat prut en roer tot die knoffel ‘n bleek goudkleur is.

Voeg die boontjies, ‘n knippie sout en ‘n bietjie growwe peper by.

Sit die hitte laag, bedek en laat dit vir vyf tot ses minute liggies prut.

Voeg die koppie water of aftreksel by en laat dit nog vir nog ses tot agt minute prut, of totdat die bone sag is en die sous romerig geword het.

Proe, en sit nog sout en peper by indien nodig. Sit die hitte af.

Nota: as die bonevloeistof te veel verdik, voeg water of aftreksel by om dit te verdun.

Plaas geroosterde brood in sopbakkies. Skep bone bo-oor. Strooi kaas bo-oor.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: