April 19, 2021

Jou brein ken nie verskil tussen realiteit en verbeelding – weet jy dit?

Daarom is dit nodig om te ontdek wat die programme is wat jou terughou.

Jou brein ken nie verskil tussen realiteit en verbeelding - weet jy dit?

Jou brein ken nie verskil tussen realiteit en verbeelding - weet jy dit?

Het jy geweet jou brein ken nie die verskil tussen realiteit en verbeelding nie? Jou brein werk net met onderbewussyn-programme en dit is die goed wat jou kan vorentoe vat of beperk.

Daarom is dit nodig om te ontdek wat die programme is wat jou terughou.

KYK ONDERHOUD: ONTSLUIT JOU POTENSIAAL

Só sê Hennie Terblanche, sport- en lewensafrigter. Terblanche kom praat Maandag, 22 Februarie, onder andere oor dié programme wat jou kan keer om jou potensiaal te ontsluit.

Deur ‘n praktiese werkswinkel kan jy toegerus word om nie net die uitdagings van die lewe te hanteer nie, maar ook jouself beter te leer ken en te verbeter. Terblanche verduidelik ook hoe jou brein nie die verskil ken tussen realiteit en verbeelding nie.

Van die aspekte wat aangeraak sal word:

*Ontdek beperkende oortuigings/ denkprogramme wat jou lewe en sukses(potensiaal) beperk.

* Praktiese tegnieke hoe om in jou lewe of besigheid meer gefokus en suksesvol te kan wees.

*Ontsluit jou produktiwiteit/ kreatiwiteit.

FiND iT bied dié geleentheid Maandag, 22 Februarie, 2021, vanaf 08:30 tot 13:30 aan. Kaartjies kos R500 per persoon.

Stuur ‘n e-pos na [email protected] om te bespreek.

LEES OOK: KRAG VIR NUWE DAG

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: