April 19, 2021

Koud gebroude koffie vir daardie warm dae

Koud gebroude koffie vir daardie warm dae

Koud gebroude koffie vir daardie warm dae

In die hitte van die somer kry mens soms net te warm om koffie te drink, maar as jy steeds lief is vir daai koppie koffie en lus voel om sommer ook af te koel, is koud gebroude koffie vir jou.

Koud gebroude koffie is nie dieselfde as yskoffie nie en word gemaak deur koffiebone in water te laat week. Dit neem wel ’n tydjie om te week, dus sal jy jou beplanning vooraf moet doen.

Dit benodig geen spesiale talent of toerusting nie.

Bestanddele:

  • 1 koppie koffie (grof gemaal)
  • 4 koppies gefiltreerde of gedistilleerde water

LEES OOK: Ma kry 58 video’s van vermiste tiener op pornografiesewebtuiste

Metode:

  • Voeg die gemaalde koffie in ’n groot kastrol. Giet vier koppies water stadig oor die bone terwyl jy roer totdat die koffie deeglik bedek is.
  • Bedek die houer met ’n deksel of plastiek. Plaas dit in die yskas en laat dit minstens 12 uur trek. Dit kan tot 24 uur trek, afhangende van jou persoonlike smaak.
  • Filtreer die bone uit die koffie.

Wenke om dit te geniet:

  • Vries van die koffie in ysblokkies en voeg dit by jou koud gebroude koffie om dit nog kouer te maak.
  • Sit melk, room of selfs roomys by.
  • Versoet dit met jou gunstelingversoeter.

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: