April 23, 2021

Seun sluk 54 magnetiese balle in die hoop om magneties te raak

Toe die magnetiese balle nie die gewenste affek toon nie en hy besef sy liggaam skei dit ook nie uit nie. Het hy paniekbevange geraak en vir sy ma gesê hy het die magnete per ongeluk ingesluk.

Seun sluk 54 magnetiese balle in die hoop om magneties te raak

Seun sluk 54 magnetiese balle in die hoop om magneties te raak

MANCHESTER. – ’n Seun (12), wat outisme en ADHD het, het 54 magnetiese balle ingesluk in die hoop om magneties te raak.

Toe die magnetiese balle nie die gewenste affek toon nie en hy besef sy liggaam skei dit ook nie uit nie, het hy paniekbevange geraak en vir sy ma gesê hy het die magnete per ongeluk ingesluk.

Noodoperasie

Die ma het haar seun na die hospitaal geneem waar ‘n X-straal geneem is. Tot die ma en die dokters se verbasing het 54 magnetiese balle in die seun se maag en derm vasgesteek.

LEES OOK: Eenjarige deur ouers ontvoer

Die dokters was bang dat die magnete deur die weefsel of lewensbelangrike organe van die seun kon brand en dat hy selfs kon sterf as gevolg daarvan. Hy het onmiddellik ’n noodoperasie ontvang om van die magnete ontslae te raak.

Na die operasie kon die seun vir tien dae lank nie beweeg sonder om groen vloeistof op te gooi weens sy lekkende derm nie. Hy kon ook vir ’n ruk lank nie eet of die toilet gebruik nie.

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: