“Mkhize verantwoordelik en moet vermorste miljoene vir entstof self betaal”

Die regering het die afgelope naweek die uitrol van die entstof gestaak aangesien dit nie doeltreffend is vir die Suid-Afrikaanse variant van die virus nie.

“Mkhize verantwoordelik en moet vermorste miljoene vir entstof self betaal”

“Mkhize verantwoordelik en moet vermorste miljoene vir entstof self betaal”

“Die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, moet die volle verantwoordelikheid neem vir die debakel rondom die AstraZeneca Covid-19-entstof en moet pa staan vir die R120 miljoen wat vermors is,” sê Philip van Staden, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder.

Die regering het die afgelope naweek die uitrol van die entstof gestaak aangesien dit nie doeltreffend is vir die Suid-Afrikaanse variant van die virus nie.

“Sowat R120 miljoen is bestee om die 1.5 miljoen dosisse van die entstof te bekom. Dit wil nou voorkom asof dié geld saam met die entstof in die drein afgespoel gaan word.”

 “Die VF Plus is van mening dat die regering verlede jaar sy voete gesleep het in die verkryging van die entstof. Indien die gesprekke hieroor betyds plaasgevind het, kon die nodige toetse vir die effektiwiteit van die entstof plaasgevind het met die uitbreek van die 501Y.V2-variant van die virus in November 2020.”

 “Die effektiwiteit van die entstof kon toe reeds bepaal word voordat daarvoor betaal is. Die regering het voete gesleep in die onderhandelinge vir die entstof en het daarna onder groot openbare druk oorhaastig in Januarie 2021 die AstraZeneca entstof aangekoop by die Serum-instituut in Indië.”

 “Die VF Plus het vroeg verlede maand reeds gewaarsku dat die regering se alleenreg met die aankope en verspreiding van die entstowwe problematies sou wees gegewe sy onbeholpenheid en die grootskaalse korrupsie rondom die aankoop van persoonlike beskermde toerusting waarby ANC-politici en -amptenare betrokke was.”

LEES OOK: Boere in opstand oor beoogde onwettige informele nedersetting op vrugbare landbougrond buite Krugersdorp

 “Indien die privaatsektor toegelaat is om die entstowwe aan te koop, sou Suid-Afrika nie nou in hierdie krisis en verleentheid gesit het nie.”

 “Die VF Plus se waarskuwing dat die staat doodeenvoudig nie die vermoë het om hierdie projek te bestuur nie, het nou ‘n werklikheid geword.”

 “Hierdie gemors waarin die regering hom bevind en waar menselewens op die spel is, is ‘n duidelike bewys dat die nasionale gesondheidsversekering (NGV) nie onder ‘n ANC-regering sal slaag nie.”

 “Die minister van gesondheid moet aanspreeklik gehou word vir die bedrag van R120 miljoen wat vermors is, aangesien Suid-Afrika dit nie kan bekostig om geld in die water te gooi nie.”

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *