April 19, 2021

Dink jy genadedood moet gewettig word?

’n Ateïs dokter en advokaat, wat beide terminale siektes het, het hul mening oor genadedood na die hooggeregshof gevat.

’n Ateïs dokter en advokaat, wat beide terminale siektes het, het hul mening oor genadedood na die hooggeregshof gevat.

Foto: All4Women

’n Palliatiewesorgspesialis en ‘n advokaat, wat beide terminale siektes het, het ‘n aansoek ten gunste van genadedood na die hooggeregshof in Johannesburg geneem.

Volgens All4Women was die laaste keer wat ‘n aansoek vir genadedood voor die hof gebring is in 2015 toe Stansham-Ford aansoek om genadedood gedoen het. Die regter het dit goedgekeur min wetend Stansham-Ford is twee ure vantevore reeds oorlede.

Suzanne Walter, ’n dokter en haar pasiënt, Diethelm Harck, hoop om regter Raylene Keightly te oorreed om die wet aan te pas sodat beide selfdood-PAS, waar ‘n dokter medikasie voorskryf en die pasiënt dit self toedien en selfdood-PAE, waar ‘n dokter medisyne toedien om lewe te beëindig, wettig sal wees. Hulle voer aan dat Christelike waardes deur koloniale regstelsels opgelê is aan mense wat nie noodwendig hierdie waardes deel nie.

Walter is in 2017 gediagnoseer met veelvoudige miëloom en Hack is in 2013 gediagnoseer met motorneuronsiekte.

Die verhoor sal op die 22ste Februarie plaasvind.

Die twee sê die wet, soos dit nou is, maak inbreuk op hul reg op waardigheid en die reg om ‘n lewe te lei en te kies hoe hulle wil sterf. Hulle word deur twee advokate, beide ateïste, bygestaan.

Die HPCSA – en die respondente van die staat, die ministers van gesondheid, justisie en die nasionale direkteur van openbare vervolging – is almal teen die aansoek.

“Medisyne en mediese behandeling vergemaklik die pyn en lyding van diegene wat in die terminale fase van ‘n ernstige siekte is. Sulke behandelings is beskikbaar, ook vir Walter en Harck, en word aan alle persone in Suid-Afrika beskikbaar gestel.”

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: