April 20, 2021

Partytjie verander in nagmerrie

Ek en my vriendin het ’n hegte vriendskap gehad en het besluit om al twee na dieselfde universiteit te gaan.

Partytjie verander in nagmerrie

Partytjie verander in nagmerrie

Sekere inligting is verander om die betrokke persone se identiteit te beskerm.

Ek het my eks- beste vriendin ontmoet toe ons in die laerskool was. Haar boer was so vier jaar ouer as ons. Ek het nooit regtig veel met hom te doen gehad nie. Ek het hom net so af en toe gesien terwyl hy nog by hulle in die huis gebly het.

Ek en my vriendin het ’n hegte vriendskap gehad en het besluit om altwee na dieselfde universiteit te gaan. Ons het ’n klein tweeslaapkamerwoonstel gedeel. Dit was die beste tyd van ons lewens.

Partytjie

My vriendin se broer het een naweek by ons kom bly. Hy het ook voorheen aan dieselfde universiteit studeer en het by vriende in ons stad gekuier. Almal het saam besluit dat ons die Saterdagaand ’n partytjie in ons woonstel sou hou.

My vriendin het ’n kêrel gehad met wie sy kort-kort opgebreek het. Hulle het altyd een of ander rusie aan die gang gehad. Sy het die aand gery om na haar kêrel toe te gaan nadat hy weereens gedreig het om haar te los.

Ek het aangeneem dit is die einde van die partytjie, maar haar broer en twee van sy vriende wou aanhou drink. Ek was nog nooit ’n groot drinker nie en na ’n paar drankies het my kop gedraai. Ek het hulle in die sitkamer gelos en in die bed gaan klim.

Uit haar slaap geruk

’n Ruk later, ek is nie seker hoeveel tyd het verbygegaan of hoe lank het ek geslaap nie, maar ek het wakker geword van iemand wat my uit die bed ruk. Ek was deurmekaar en het nie geweet wat besig was om te gebeur nie.

LEES OOK: Verkrag deur my oom

Ek het gesien dit is my vriendin se broer. Hy het begin om my klere van my lyf af te skeur terwyl die ander twee mans net staan en kyk het.

Hulle het beurte gemaak om my te verkrag. Ek het geskree en gesmeek, maar hulle het nie gestop nie.

Toe hulle klaar was, het hulle verder gaan drink. Ek het gewag tot hulle “uitgepaas” het voordat ek die polisie gebel het. Ek is na die hospitaal geneem en hulle is in hegtenis geneem.

My vriendin het my gesmeek om die saak teen haar broer terug te trek. Ek het besluit om eerder my vriendskap met haar te beëindig. Hulle is almal skuldig bevind en het tronkstraf gekry.

Tot vandag toe nog hanteer mense my asof ek die een is wat ’n misdaad gepleeg het.

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: