Hier is die stokperdjies wat Suid-Afrikaanse vroue tydens inperking opgeneem het

Hier is die stokperdjies wat Suid-Afrikaanse vroue tydens inperking opgeneem het. Foto: Allef Vinicius
Ons is almal baie meer tuis sedert die inperking in Maart laas jaar vir die eerste keer ingestel is.
Met soveel tyd en so min om te doen, het baie van ons nuwe stokperdjies gevind vir ‘n bietjie vermaak.
‘n Aanlynopname deur Sanlam wys dat 100% van die Suid-Afrikaanse vroulike deelnemers tydens die inperking ‘n nuwe stokperdjie begin het, en die helfte van hulle hou aan om elke dag die stokperdjie te beoefen.
Hier is die top stokperdjies waarmee vroue in S.A. hulle mee besig gehou het:
Kuns
Tuinmaak
Kook
Lees
Bak
Brei/hekel
Hardloop/draf
Meditasie
Stap
Skryf
Die opname het ook bevind dat om ‘n nuwe vaardigheid te leer groot voordele vir geestesgesondheid bied.
Die helfte van die deelnemers het gelukkiger gevoel en 22% het gesê dat hulle stokperdjies help om stres te verminder.
‘n Stokperdjie kan jou geestelik fiks, stresloos en selfversekerd hou.
Met watter stokperdjies het jy gedurende die grendeltyd begin?
Bron: www.capetownetc.com