Egpaar kry tronkstraf vir gruwelike seksuele misdrywe teenoor hul kinders

Paartjie kry tronkstraf vir gruwelike seksuele misdrywe teenoor hul kinders

’n Egpaar van hier is twee lewenslange vonnisse en 22 jaar tronkstraf elk opgelê vir verskillende seksuele misdrywe teenoor hul kinders.

’n Egpaar van hier is twee lewenslange vonnisse en 22 jaar tronkstraf elk opgelê vir verskillende seksuele misdrywe teenoor hul kinders. Foto:Pixabay

PRETORIA.- ’n Egpaar van hier is twee lewenslange vonnisse en 22 jaar tronkstraf elk opgelê vir verskillende seksuele misdrywe teenoor hul kinders.

Volgens IOL het Lumka Mahanjana, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) in die Noord-Gauteng-streek, gesê die paartjie is Vrydag skuldig bevind aan verkragting, gedwonge verkragting, seksuele aanranding, seksuele gereedmaking, ontbloting, kinderverwaarlosing en die besit van dwelms.

Lees meer artikels hier.

Die paartjie het die kinders forseer om seksuele dade op hulle as ouers uit te voer

“Hierdie seksuele misbruik is in 2014 op hul eie kinders, ‘n 5-jarige meisie en ‘n 8-jarige seun, gepleeg. Die ouers het seksuele dade op die kinders uitgevoer en die kinders forseer om seksuele dade op hulle as ouers en op mekaar uit te voer. Hulle het die kinders gedwing om na hulle te kyk terwyl hulle besig was met seks.”

Mahanjana se die ma het die dogtertjie geleer van seks deur dit op haar man uit te voer.

“Die kinders is in Augustus 2014 deur die Gemeenskapspolisieforum (CPF) in ‘n nabygeleë park gevind. Hulle het vuil, bang en honger gelyk. Die CPF het hulle na die polisiekantoor geneem waar hulle die polisie vertel het waar hul huis was. By aankoms het die polisie dwelms gevind en die egpaar is in hegtenis geneem weens kinderverwaarlosing en die besit van dwelms,” het Mahanjana gesê.

“Ander aanklagtes rakende verkragting en seksuele misdrywe is later bygevoeg nadat die kinders verdere inligting onthul het oor wat met hulle gebeur het toe hulle op ‘n veilige plek deur die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling geplaas is.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *