April 19, 2021

Suksesvolle skarefonds laat 10-jarige droomskool bywoon

Suksesvolle skarefonds laat 10-jarige droomskool bywoon. Foto: BackaBuddy

Suksesvolle skarefonds laat 10-jarige droomskool bywoon. Foto: BackaBuddy

Die 10-jarige Ethan Palagangwe het sy eerste dag in die Drakensberg-seunskoorskool bygewoon danksy ‘n suksesvolle skarefonds wat opgestel was om sy drome te bewaarheid.

Palagangwe is ‘n talentvolle sanger van Mitchells Plain, Kaapstad, en was nog altyd aangetrokke tot musiek.

Hy sing gereeld liedjies deur sy gunstelingmusikante soos Chris Brown, Michael Jackson, Bruno Mars en Justin Bieber.

Toe Palagangwe se ouers sien dat die gesogte Drakensberg-seunskoorskool in Kwa-Zulu Natal oudisies hou, het hulle hom aangemeld in die hoop dat hy ‘n geleentheid sou kry om sy sangvaardighede op te skerp by ‘n wêreldklas sangskool.

Hy het een van sy gunstelingliedjies, Ben, van Michael Jackson gesing by die oudisie, en was een van slegs 30 studente uit 1 600 wat ‘n aanvaardingsbrief ontvang het.

Omdat sy skoolkoste, wat ongeveer R175 000 vir sy eerste jaar was, nie gedek kon word nie, het sy ouers ‘n skarefondsveldtog op BackaBuddy begin wat tot dusver meer as R98 000 ingesamel het met bydraes van 26 donateurs, plaaslik en internasionaal.

Met sy skoolgeld en uniform gedek, begin Palagangwe sy eerste semester deur middel van aanlynklasse. Hy het reeds 92% gekry vir sy eerste musiekteorieopdrag.

Sy ouers hoop om die res van sy skoolgeld vir die eerste jaar in te samel.

Kyk ‘n video van sy eerste dag by die skool.

Bron: Good Things Guy

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: