April 19, 2021

Parvovirus: vrees vir eienaars van diere

Die Parvovirus is hoogs aansteeklik en kan baie maklik aan van dier tot dier oorgedra word.

Die Parvovirus is hoogs aansteeklik en kan baie maklik aan van dier tot dier oorgedra word.

Die Parvovirus is hoogs aansteeklik en kan baie maklik aan van dier tot dier oorgedra word. Foto: Pixabay

Die parvovirus is hoogs aansteeklik en kan baie maklik aan van dier tot dier oorgedra word.

FiND iT praat met dr. Crawford van Medivet in Kimberley oor die parvovirus. Simptome van dié virus sluit in anoreksie, braking, koors, hipotermie en diarree, wat bloeding in het.

LEES OOK: MOENIE HIERDIE KOSSE VIR JOU DIERE GEE NIE

Parvovirus lang leeftyd

“Die virus is hoogs aansteeklik en kan van hond-tot-hond-kontak, sowel as kontak met besmette ontlasting, waterbakke, halsbande en selfs mense-hande en klere, aansteek.  Die virus leef vir lank in ‘n omgewing en is bestand teen uiterste hoë en lae temperature.”

Maak seker jou hond kry al die inentings

Dr. Crawford sê dis belangrik om seker te maak jou hond ontvang al die inentings om hulle teen die parvovirus en ander siektes te beskerm. “Die parvovirus-entstof word as ’n kombinasie-entstof toegedien.” Jou troeteldier moet die inentings ontvang op die ouderdomme van ses, nege en 12 weke.”

Die virus tref gewoonlik honde tussen die ouderdom van ses weke en een jaar en die mees kwesbaarste vir die virus is diere wat nie inentings ontvang of voltooi het nie.

Geen boereraat sal werk nie

Daar is ongelukkig geen boereraat wat die virus kan laat verdwyn nie. “Hospitalisasie is nodig vir die pasiënt, aangesien daar geen middel is wat die virus kan doodmaak nie. In die hospitaal gaan hul deur aggressiewe ondersteuning met vloeistofterapie en medisyne tot hul liggame se immuunstelsels die virus kan afweer.”

Dokter Crawford sê:

“Om na hondjies te kyk wat ly aan die ernstige gevolge van hierdie virus, is een van die hartseerste dinge wat jy as veearts kan ervaar. Dit kos die eienaar duisende rande en ondanks ons beste pogings, kan ons nie die pasiënt se oorlewing waarborg nie. Gelukkig kan die virus voorkom word en daarom is dit belangrik dat honde en katte ingeënt word.”

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: