February 25, 2021

Meelwurms is op die spyskaart in Europa

Foto: BusinessDay

Ons is gewoond daaraan om meelwurms aan ons krimpvarkies en ander klein diertjies te voer, maar het jy self al ’n meelwurm geëet?

Volgens Business Day het Europa se agentskap vir voedselveiligheid (EFSA) meelwurms  goedgekeur as die heel eerste insek veilig  vir mense om te eet.

Volgens EFSA kan die wurms heel en gedroog in speserye gebruik word, asook vir die maak van pasta.

Meelwurms is eintlik kewerlarwes en word orals gebruik om troeteldiere te voer.

Ermolaose Ververis, EFSA-chemikus en voedselwetenskaplike, sê meelwurms is ryk aan proteïene, vet en vesel. Dit is waarskynlik die eerste van baie insekte wat goedgekeur gaan word deur die EFSA.

Alhoewel insekte reeds deur verskeie nasies in die wêreld geëet word, is daar mense wat gril vir die idee. Sal jy ’n gereg wat meelwurms bevat, eet?   

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: