April 19, 2021

WAARSKUWING: Kimberley kan oorstromings verwag

Foto: capetownetc

Die Suid-Afrikaanse weerdiens het ’n vlak vier waarskuwing vir ontwrigtende reën, wat strek oor die grootste deel van die Vrystaat, Noord-Wes en die noordoostelike helfte van die Noord-Kaap, gestuur.

Buie en donderbuie word vanaf Dinsdagmiddag 26 Januarie 2021 tot en met die naweek verwag.
Eloise is nou ‘n baie verswakte tropiese laagdrukstelsel en is tans in die suidwestelike dele van Botswana geleë. As gevolg van die posisie van die laedrukstelsel en die feit dat die drukstelsel klokgewys draai, word ‘n breë stroom vog nou suidwaarts gekanaliseer tot in die sentrale dele van Suid-Afrika. Daar is ’n groot kans vir oorstromings as gevolg van die onlangse normale tot bonormale reënval wat in die sentrale binneland ervaar is. Die grondvog is nog versadig.

Kitsvloede word in laagliggende gebiede, paaie en informele nedersettings verwag, asook moeilike rytoestande weens swak sig en water wat opgaar op paaie. Dit kan ook lei tot ongelukke. Landbougemeenskappe sal na verwagting ernstige oesskade opdoen. Ander ontwrigtings soos kragonderbrekings en netwerkonderbrekings kan ook verwag word.

Die Suid-Afrikaanse weerdiens doen ’n versoek op diegene vir wie dit moontlik is, om tuis te bly. Verder moet Suid-Afrikaners vermy om riviere en strome oor te steek. As jy wel in ’n geval is waar jy in jou voertuig vasgekeer is weens oorstromings, verlaat die kar en klim tot ’n hoër gebied.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: