Oud-SAL-vlieënier in vliegtuig ongeluk dood

Foto: SAPD

BULTFONTEIN. –  Christiaan Wiid (52), -oud-SAL-vlieënier, se liggaam is die 21ste Januarie by sy geel vliegtuig se wrakstukke gevind.

Volgens kol.Thandi Mbambo is die polisie op die 21ste Januarie in kennis gestel van ’n gewasbespuitingsvliegtuig wat omtrent 21:00 tussen Bultfontein en Hoopstad vermis geraak het. ’n Soektog is dadelik van stapel gestuur en die plaaslike boere het met hommeltuie gehelp soek.

Die polisiehelikopter kon slegs met dagbreek vlieg en het om 5:00 opgestyg. Binne tien minute se rondvlieg en soek is die geel wrakstukke gesien.

Christiaan Wiid se liggaam is by die wrakstukke gevind. Hy was die enigste insittende.

Kol. Mbambo sê die voorval word ondersoek.

Christiaan se Facebook word tans oorstroom met boodskappe van geliefdes en vriende.

Foto: Facebook

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: