April 19, 2021

Nieu-Seeland sluit pad vir seeleeu en welpie

Foto: Science Media centre

NIEU-SEELAND. –  ’n Pad hier word al vir ’n maand lank gesluit om seker te maak ’n seeleeu en haar welpie kom veilig by die see uit.

Volgens CNN het die seeleeus hulself by ’n nabygeleë gholfbaan tuisgemaak. Hulle beweeg nou heeltyd oor die pad om by die strand uit te kom.

Die Dunedin-stadsraad het in ’n plasing gesê die mense mag steeds die gebied te voet of per fiets besoek, maar hulle moet die seeleeus ruimte gee.

Plaaslike inwoners het die besluit verwelkom en iemand het selfs gevra dat die sluiting permanent moet wees.

Daar is ’n versoek om honde ten alle tye aan ’n leiband te hou in daardie omgewing en op die strand self ook. Honde is geneig om seeleeus aan te val.

Dunedin se stadsraad sê die Nieu-Seelandse seeleeus is ’n bedreigde spesie wat baie skaars is.

Daar is omtrent 12000 Nieu-Seeland-seeleeus oor en enigiemand wat een van die seeleeus doodmaak, kan tot twee jaar tronkstraf kry.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: