April 19, 2021

Het jou kat FIV, ook bekend as katvigs?

Foto: Pixabay

Ja, ons geliefkoosde katte kan ook ’n virus kry wat gelykstaande aan die VIGS-virus is wat by mense voorkom.

Volgens PetMD toon katte wat met die imuunsgebreksvirus (FIV) besmet is nie dadelik simptome nie. Die virus is stadig en verswak jou kat se immuunstelsel.

Simptome sluit in: vergrote limfknoppe, inflammasie in die mond en oë, wonde wat nie wil genees nie en gedragsverandering.

FIV word gewoonlik tussen katte wat baklei se oop wonde deur middel van speeksel versprei. Dit is nie aansteeklik vir mense nie en is spesies-spesifiek.

Daar is ongelukkig geen geneesmiddel vir FIV nie en ’n veearts sal heel moontlik net medikasie wat die simptome verlig vir jou kat voorskryf.

FIV self veroorsaak nie ’n kat se dood nie, maar die sekondêre infeksie wat katte kry as gevolg van hul swak immuunstelsels is wat gewoonlik hul lewens eis. FIV kan lei tot verskillende tipe kankersoorte en nierversaking. Die beste is om FIV te voorkom deur jou kat te steriliseer en seker te maak dat hy nie te veel rondloop en met ander katte in kontak kom nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: