Vermiste driejarige se liggaam gevind

Foto: The South African

HOUTBAAI. – ’n Driejarige seun se liggaam is gevind nadat hy in Augustus verlede jaar vermis geraak het.

Volgens The South African het die seun in Augustus weggeraak terwyl hy met sy vriende gespeel het. Honderde mense het aan ’n soektog na die seuntjie deelgeneem.

’n Man wat sand bymekaargemaak het, het in Desember ’n ontbinde lyk in ’n rotsagtige en sanderige gebied, net 100 meter van die seuntjie se huis af, gevind. Owerhede kon nie vasstel of dit die driejarige se liggaam is nie.

Danksy ’n klomp donasies vanaf die Cape Talk-luisteraars is DNS-toetse op die lyk gedoen en dit is vasgestel dat dit wel die driejarige seuntjie is.

Samkelo Krweqe, gemeenskapsleier, was by die seuntjie se ma toe sy die nuus ontvang. “Hulle het die DNS-toets gedoen en kan bevestig dat dit die seun van die Mhlobos is. Ek voel hartseer, maar hulle voel meer as ek. Dit is ‘n slegte situasie. ”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: