April 23, 2021

Man wen Lotto na sy meisie hom los

Dié Suid-Afrikaanse man het gedink sy lewe is verby toe sy meisie haar goed vat en uittrek. Min het hy geweet hy gaan R60 miljoen ryker word.

Volgens Ithuba, lotery-operateur, kan die man nie glo hy is nou ’n miljoenêr nie. Die gelukkige nommers is al verlede Dinsdag bekendgemaak, maar hy het eers die Vrydag sy kaartjie nagegaan.

Die nuwe miljoenêr sê hy gaan nie sy werk bedank nie. Hy gaan die meeste van sy geld belê. Nou wat van sy eks-meisie?

Hy gaan vir sy eks-meisie ’n wasmasjien en stoof koop om te wys daar nie kwade gevoelens tussen hulle nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: