Is jy een van daai mense wat nie kan ophou om hul naels te kou nie?

Foto: Wikepedia

Sommige mense eet baie as hul stres, ander rook en dan is daar dié wat hul naels byt. Vir party mense raak dit ’n gewoonte en hul kom nie meer agter as hulle dit doen dit nie.

Volgens WebMD kan dit nadelig vir jou gesondheid wees om jou naels te byt. Dit kan probleme veroorsaak, soos naels wat abnormaal uitgroei, jy kan siek raak van die kieme onder jou naels en jy kan jou tande seermaak.

Die volgende is wenke om op te hou om jou naels te byt:

  • Knip jou naels kort. As die nael te kort is vir jou om te byt, gaan dit nie so bevredigend wees nie.
  • Bedek jou naels met ’n slegte smaak. Daar is naellak beskikbaar wat ’n aaklige smaak het, dit behoort jou daarvan te weerhou om jou naels te byt.
  • Laat doen jou naels. As jy geld en tyd bestee aan jou naels om hulle mooi te laat lyk, gaan jy twee keer dink voor jy dit byt.
  • Vind uit hoekom jy jou naels byt. As jy kan uitvind wat veroorsaak dat jy jou naels byt, kan jy ’n ander manier kry om dit te hanteer.
  • Hou jou hande besig. As jy rustig raak en jou naels wil byt, kry iets om jou hande mee besig te hou en weg van jou mond af te hou.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: